Wednesday 8 April 2015

Beetsop met gerookte Salm




Beetsop met gerookte Salm

2 Uie, geskil en gekap
2 Knoffelhuisies, geskil en fyn gekap
Olyfolie...
800gr. Vars Beet, geskil en in blokkies gesny
2 Aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 Groot Wortel, geskil en in blokkies gesny
1½ L Hoenderaftreksel
Vars Tiemie na smaak
2 Lourierblare
Sout & Peper na smaak
Suurroom vir bediening
1 gerookte Salmfilet
Vars Dille

Metode:
Plaas ‘n paar Eetlepels van die Olyfolie in ‘n groot pot. Sodra dit warm is gooi die Uie, Wortel en Knoffel by. Roer tot die Uie sag is.
Plaas nou die Beet en Aartappels in die pot, roer en gooi die aftreksel by.
Brink die mengsel tot kookpunt en verlaag dan die hitte tot ‘n vinnige prut.
Plaas die Lourierblare en vars Tiemie in die pot en kook tot die groente sag is.
Verwyder van die hitte en laat effens afkoel. Gebruik nou ‘n handmenger en verpulp die sop tot die tekstuur wat verkies word. Indien die sop te dik is, kan dit verdun word met die ekstra aftreksel.
Geur met Sout en Peper.
Verdeel die sop tussen die opdienborde en garneer met Suurroom, Dille en ‘n paar stukkies van die gerookte Salm