Thursday 23 April 2015

Maklike klapperpoeding




Maklike klapperpoeding
(6 porsies)
◾125 g botter
◾250 ml suiker
◾3 eiers
◾15 ml Moir’s bakpoeier
◾knippie sout
◾250 ml meel
◾500 ml Moir’s klapper
◾250 ml louwarm water
◾2 ml Moir’s vanieljegeursel
Verhit jou oond tot 180 °C. Room die botter, suiker en eiers saam tot lig en glad. Sif die bakpoeier, sout en meel saam. Voeg die klapper by die gesifte meelmengsel. Voeg die meelmengsel en die water om die beurt by die bottermengsel. Voeg die vanieljegeursel by. Meng goed. Skep die mengsel in klein ramekin-bakkies wat goed met botter gesmeer is. Bak vir sowat 30 minute. Kook intussen die stroop.
Stroop
◾200 ml suiker
◾200 ml water
Gooi die suiker en water in ’n kastrol. Bring tot kookpunt en hou aan roer tot die suiker gesmelt het. Laat die stroop stadig kook vir 5 minute. Wanneer die poeding klaar gebak het, haal uit die oond en gooi die stroop dadelik oor.