Friday 24 April 2015

TUNA TORTILLAROLLETJIES




TUNA TORTILLAROLLETJIES: [Deur Huisgenoot Digitaal]
Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute...
BENODIG:
400 g tuna in water, gedreineer
60 ml (¼ k) laevet-mayonnaise
15 ml (1 e) gekapte basilie

gekapte stingelui, tamatie en komkommer
sout en peper na smaak
2 tortillas, in helftes gesny
8 blaarslaai-blare
suurlemoenskyfies vir voorsit
MAAK SO:
1.Meng die tuna, mayonnaise en basielkruid.
2.Meng die stingelui, tamatie en komkommer en geur na smaak met sout en peper.
3.Rol die tortilla in ’n horinkie, plaas 2 blaarslaai-blare in, skep ’n goeie skep van die tunamengsel op en sprinkle van die gekapte komkommermengsel oor. Sit voor met suurlemoenskyfies