Thursday 23 April 2015

Herfsgroentesop




Herfsgroentesop
(6 porsies)
◾25 ml olyfolie
◾4 uie, fyngekap
◾500 g groen groente soos brokkoli, murgpampoentjies, spinasie en ertjies
◾sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
◾sap van 1 suurlemoen
◾750 ml hoenderaftreksel
◾125 ml room
Verhit die olyfolie in ’n kastrol en braai die uie tot sag en deurskynend. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die room, by en kook tot sag. Versap die mengsel en geur met sout en peper. Voeg die room by en bring tot nét by kookpunt. Garneer met vars geblansjeerde groenbone.