Wednesday 8 April 2015

Italiaanse Platbrood – Focaccia




Italiaanse Platbrood – Focaccia

500 gr. Witbroodmeel
Sout
10 gr. Kitsgis...
375 gr. Water
2 Eetlepels Olyfolie

Metode:
Plaas al die bestanddele in die mengbak van ‘n menger en voeg die Water en Olyfolie laaste by.
Gebruik die Deeghaak en bewerk die deeg op die laagste spoed vir 20 minute totdat dit glad en elasties is. Verwyder die bak van die menger en bedek met kleefplastiek. Laat vir ten minste ‘neen tot drie ure rus.
Gooi die deeg nou uit in ‘n gesmeerde oondpan en versprei dit versigtig oor die oppervlak van die pan. Bedek met ‘n klam lappie en rus vir 20-40 minute. Bak in ‘n voorverhitte oond van 220°C vir 20-25 minute.
Laat effens afkoel en verwyder uit die pan en plaas op ‘n afkoelrakkie tot benodig.