Wednesday 8 April 2015

Veselperske Lassi





Veselperske Lassi
Bedien 6

500 ml. Ongegeurde Joghurt
3 Ryp Veselperskes, geskil en in blokkies gesny...
250 ml. Vars Melk
¼ Teelepel gemaalde Kardemom
Geroosterde Amandels vir bediening

Metode:
Plaas die Joghurt, Veselperske, Melk en Kardemom in ‘n voedselverwerker en verpulp tot glad. Verkoel tot benodig.
Indien verkies kan ‘n paar ysblokkies in die opdienglase geplaas word voordat die Lassi bo-oor gegooi word. Sprinkel van die neute bo-op voor bediening.