Friday 27 March 2015

Vrugterolle




Vrugterolle

Omskep oorskiet vrugte in ’n krakerige, soet, klewerige nagereg.
GENOEG VIR 4
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 40 min.
2 appels
1 peer
10 ml (2 t) kaneel
45 ml (3 t) bruinsuiker
100 g gemengde neute
500 g filodeeg
30 g botter, gesmelt
stroop
100 ml water
125 ml (½ k) strooisuiker
1 kaneelstok
5 naeltjies
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die vrugte in ’n pot met kaneel, bruinsuiker en neute. Kook tot die suiker oplos.
  2. Verf 2 velle filo weerskante met botter. Lê die velle bo-op mekaar neer en sny in stroke van 10 cm. Skep ’n bietjie van die vrugtemengsel op elke strook. Rol in ’n sigaarvorm en krul dan om oliebolle te vorm. Verf met botter en bak 30 min.
  3. STROOP Verhit water en suiker in ’n pot met kaneelstokke en naeltjies. Bring tot kookpunt en laat prut tot stroperig. Giet oor die gaar vrugterolle.