Friday 27 March 2015

Klewerige vrugtedeegsigare



Klewerige vrugtedeegsigare

’n Heerlike peuselhappie om deur die dag te geniet. Maak nog met die oorskietdeeg.
LEWER 5-10
Bereiding: 20 min.
Gaarmaak: 10 min.
125 ml (½ l) dadels ontpit
125 ml (½ k) droë appelkose
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
2 velle filodeeg
40 g botter, gesmelt
Stroop
125 ml (½ k) strooisuiker
250 ml (1 k) water
2,5 ml (½ t) vanieljegeursel
Voorverhit die oond tot 180 ˚C.
  1. Plaas die dadels, appelkose en kaneel in ’n verwerker en verwerk tot fyn gekap.
  2. Plaas 2 filovelle op mekaar en verf tussen elke laag met botter. Sny driehoeke uit die filo, skep 10 ml (2 t) dadelmengsel aan die lang kant van elke driehoek, rol toe en verf met botter.
  3. Pak die tertjies op ’n voorbereide bakpan en bak 10 min. of tot goudbruin en bros.
  4. STROOP Gooi die suiker en water in ’n kastrol. Roer oor matige hitte tot die suiker opgelos het. Bring tot kookpunt en kook 8 min. of tot die sous effens verdik het.
  5. Verwyder van die hitte, roer die vanieljegeursel deur en sit eenkant om af te koel.