Friday 27 March 2015

Grondboonbotterkoekies



Grondboonbotterkoekies

Lewer 30
Bereiding: 10 min.
Bak: 8 min.
750 ml (3 k) meel
2,5 ml (½ t) bakpoeier
220 g botter, versag
250 ml (1 k) suiker
2 eiers
10 ml (2 t) vanieljegeursel
250 ml (1 k) grondbonebotter
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
  1. Meng die meel, bakpoeier en sout in ’n groot bak en sit eenkant. Klits die botter en suiker saam in ’n aparte bak tot vaal en donsig.
  2. Voeg die eiers en vanielje by en meng goed. Voeg die meelmengsel stadig by terwyl jy klits tot goed gemeng en ’n sagte deeg vorm. Klits die grondbonebotter in.
  3. Haal die deeg uit, verdeel in die helfte en sit elke helfte tussen twee velle bakpapier. Rol elke helfte uit tot ’n dikte van 5 mm. Sny sirkels met ’n ronde snyer uit.
  4. Pak die koekies op die bereide bakplaat en bak 8 minute of tot goudkleurig.