Thursday 26 March 2015

Vissosaties met Borrie & Gemmer




Vissosaties met Borrie & Gemmer:

500gr. Geelstert Filette, maar enige ferm witvis sal goed wees
Marinade:
250ml. Klappermelk...
2 Teelepels Borrie
2 Teelepels vars Gemmer, gerasper
1 Teelepel Sitroengras, fyngekap
2 Knoffelhuisies, geskil & gekap
Sap van 1 Suurlemoen
1 Eetlepel Vissous
2 Eetlepels Bruinsuiker

Sny die Vis in blokkies en plaas in ‘n glasbak.
Meng al die bestanddele vir die marinade saam en gooi oor die vis. Meng goed sodat die vis oral bedek is met die marinade. Bedek die bak met kleefplastiek en verkoel vir sowat 2 ure.
Verwyder die Vis uit die marinade en ryg die blokkies op ‘n sosatiestokkie.
Gooi die oorblywende marinade in ‘n pot en kook af tot mooi dik oor medium hitte.
Verhit die vuur of pan oor hoë hitte, plaas die sosaties op die rooster of pan en kook sowat 5 minute per kant. Verwyder van die vuur en drup nog Suurlemoensap oor en bedien met rys en/of slaai.