Thursday 26 March 2015

Maklike Veselperskekoek met ‘n Krummellaag:




Maklike Veselperskekoek met ‘n Krummellaag:

180gr. Sagte Botter
2 Koppies Koekmeel
2 Teelepels Kremetart...
1 Teelepel Koeksoda
2 Eiers
½ Koppie Bottermelk of Melk
2-3 Stukke Gemmer in stroop, fyngekap
125gr. Strooisuiker
3-4 Veselperskes, wat net begin sag word, geskil en in wiggies gesny
4 Eetlepels Versiersuiker, om bo-oor te strooi
Dik Room of Roomys om te bedien
Krummelbolaag:
60gr. Sagte Bruinsuiker
1 Teelepel Bakpoeier
1 Teelepel Gemaalde Gemmer
2/3 Koppie Koekmeel
60gr. Botter

Voorverhit die oond tot 180°C.
Smeer ‘n groot reghoekige oondbak met Botter en voer die bodem uit met bakpapier. Jy kan ook ‘n 28cm koekpan gebruik.
Vir die krummelbolaag, meng al die droë bestanddele saam en vryf dan die botter by tot die mengsel soos broodkrummels lyk. Jy sal ook groter klonte hê. Verkoel tot benodig.
Plaas die Meel, Kremetart en Koeksoda saam in ‘n mengbak.
Meng die Eiers, gekapte Gemmer en die helfte van die Bottermelk of Melk saam in ‘n aparte mengbak.
Verroom die Botter en die Suiker tot lig van kleur. Gooi die Meelmengsel by gevolg deur die melkmengsel. Meng tot net glad. Die deeg moet nie te styf wees nie. Jy kan die deeg verdun met van die Bottermelk.
Versprei die deeg in die oondbak of koekpan en plaas die veselperskestukke bo-op. Versprei nou die krummelbolaag bo-op die veselperskewiggies.
Bak die koek vir 30-40 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom. Die middel sal nog effens nat wees van al die vrugtesap.
Bedien met dikroom of roomys.
Jy kan die veselperske vervang met Perskes, Pruime of Appelkose.