Friday 27 March 2015

Valerie se konfytblokkies



Valerie se konfytblokkies

 Bestanddele
500 ml koekmeelblom
25 ml suiker
62.5ml water
1 eier
125 g botter of margarien
5 ml vanieljegeursel
1 ml sout
7 ml bakpoeier
200 ml appelkooskonfyt
50 g klapper

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Smeer ’n 23 x 15 cm pannetjie of bespuit met kleefwerende kossproei.
  3. Sif die koekmeelblom, sout en bakpoeier saam en voeg die suiker by.
  4. Vryf die botter in met jou vingerpunte totdat dit soos broodkrummels lyk.
  5. Klits die eier saam met die water en vanieljegeursel en voeg by die meelmengsel.
  6. Meng tot ’n stywe deeg en knie effens.
  7. Verdeel die deeg in 2 dele en druk die helfte in die bodem van die pannetjie.
  8. Smeer die deeg met appelkooskonfyt, strooi die klapper oor en rasper die ander helfte van die deeg bo-oor.
  9. Bak vir 20 minute of tot gaar.
  10. Sny in vingertjies of vierkante.