Friday 27 March 2015

Cecilia se karamel-brosbrood




Cecilia se karamel-brosbrood

 Bestanddele
(Maak 50 koekies)

Brosbrood
125 g botter
125 ml strooisuiker
250 ml meelblom
25 ml mielieblom
2 ml sout
Fudge-laag
75 g botter
50 ml gouestroop
1 blik kondensmelk
125 ml strooisuiker
Sjokolade-bolaag
150 g donkersjokolade

Instruksies


Brosbrood
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Klop botter en suiker tot lig en donsig.
  3. Sif meelblom, mielieblom en sout saam en vryf by suikermengsel in om ’n stywe deeg te vorm.
  4. Druk in ’n gesmeerde reghoekige pan van 20 x 24 cm. Prik met ’n vurk en bak vir 10 minute.
Fudge-laag
Kook die bestanddele vir sowat 5 minute in ’n kastrol tot verdik. Klop voortdurend om te keer dat dit nie aanbrand nie. Smeer oor gebakte brosbrood en laat afkoel tot styf.
Sjokolade-bolaag
  1. Smelt sjokolade in ’n bakkie oor kookwater wat bo-op ’n kastrol is. Die bak moenie aan die water raak nie. Smeer dit dan oor die fudge-laag.
  2. Sny brosbrood in blokkies net voor die sjokolade hard word.