Friday 27 March 2015

Gerda se outydse soetkoekies



Gerda se outydse soetkoekies

 Bestanddele
(Lewer 60 koekies)
1500 ml (6 k) koekmeel
5 ml kremetart
5 ml koeksoda
5 ml sout
2,5 ml fyn naeltjies
5 ml fyn gemmer
5 ml fyn kaneel
625 ml suiker
250 ml botter
250 ml vet
30 ml brandewyn
4 eiers

Instruksies


Gerda se pa, Fanie, was dol oor dié soetkoekies. Hy het geglo ’n mens drink nét tee uit ’n beker wanneer ’n mens by die see is, en die koekies moet dik en groot wees om in die tee te doop.
  1. Voorverhit die oond teen 200 °C.
  2. Sif al die droë bestanddele saam, meng goed en voeg dan die suiker by.
  3. Vryf die botter en vet met jou vingerpunte in die meelmengsel.
  4. Voeg die brandewyn en geklitste eiers by, en meng tot ’n stywe deeg.
  5. Rol 5 mm dik uit en druk die deeg in ronde vorms uit.
  6. Plaas in 4 plat, gesmeerde beskuitpanne (25 x 45 cm).
  7. Bak vir 15-20 minute lank.
  8. Laat dit goed afkoel en verpak die koekies lugdig.