Friday 20 March 2015

Valerie se dadelbrood met karamelstroop



Valerie se dadelbrood met karamelstroop

 Bestanddele

(Die resep lewer ’n middelslag-broodjie.)
5 ml koeksoda
150 g / 250 ml dadels
250 ml kookwater
200 g / 250 ml bruinsuiker
60 g / 75ml botter of margarien
1 eier

200g / 375 ml koekmeelblom
5 ml bakpoeier
Knypie sout
50 g gekapte okkerneute
5 ml vanieljegeursel

Karamelstroop:
100g / 125 ml sagte bruin suiker
125 ml vars room
40 g / 50 ml botter of margarien

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180° C.
  2. Smeer ’n middelslag-broodpannetjie (23 x 13 x 5 cm) of bespuit goed met ’n nie-kleefmiddel.
  3. Strooi koeksoda oor die dadels.
  4. Voeg kookwater by, meng en laat afkoel.
  5. Klop die bruinsuiker en botter goed tot gemeng.
  6. Sif die meel, bakpoeier en sout saam bo-oor die mengsel.
  7. Voeg die neute en vanieljegeursel by en meng.
  8. Voeg die dadelmengsel by en meng.
  9. Skep in die pannetjie en bak sowat ’n uur of tot gaar.
  10. Verhit die bruinsuiker, room en botter saam oor lae hitte tot kookpunt en kook 5 minute lank sonder ’n deksel.
  11. Keer die dadelbrood op ’n opdienbord uit en gooi die warm karamelstroop stadig oor.