Friday 20 March 2015

Gerrit se botterskorsie-teebroodjie



Gerrit se botterskorsie-teebroodjie

 Bestanddele
1 groot botterskorsie (genoeg vir 440 ml puree)
2 groot eiers
200 g strooisuiker
125 ml olie
245 g koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda

2,5 ml sout
60 g pekanneute
60 gedroogte pampoensade

Instruksies


  1. Skil die botterskorsie en sny in blokkies. Plaas in kastrol, voeg net genoeg water by en prut tot sag. Dreineer en druk dit fyn of verpulp.
  2. Laat afkoel tot kamertemperatuur.
  3. Voorverhit die oond tot 160° C.
  4. Berei een mediumgrootte broodpannetjie.
  5. In ’n mengbak, gebruik die klitser van ’n elektriese menger en klits die eiers en strooisuiker saam tot lig.
  6. Stel die menger se spoed laer en voeg die olie geleidelik in ’n egalige straal by.
  7. Voeg die pampoenpuree by en meng deur.
  8. Sif die meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
  9. Voeg die meelmengsel een derde op ’n slag by die pampoenmengsel, meng deur en herhaal met die ander twee derdes. Roer die neute en sade by vir tekstuur.
  10. Skep die beslag in die voorbereide pan en maak die bokant gelyk.
  11. Bak vir 45 minute, of tot gaar. Laat effens afkoel voordat jy die broodjie uitkeer.