Friday 20 March 2015

Cecilia se piesang-en-pekanneut-brood




Cecilia se piesang-en-pekanneut-brood

Bestanddele

2 koppies (280 g) koekmeel
1 teelepel (5 ml) koeksoda
½ teelepel (2,5 ml) sout
½ koppie (120 g) botter
1 koppie (220 g) strooisuiker
120 g pekanneute, gekap

2 eiers
4 ryp piesangs, fyngedruk
80 ml karringmelk
1 teelepel vanieljegeursel

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180ºC en smeer ’n 20 x 12,5 cm broodpan, of twee klein broodpannetjies.
  2. Sif die meel, koeksoda en sout saam.
  3. Room die botter en strooisuiker saam tot lig en donsig. Voeg die eiers, fyngedrukte piesangs, karringmelk en vanieljegeursel by en meng goed. Vou die meelmengsel en pekanneute in.
  4. Giet die beslag in die pan en bak dit vir 50-60 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  5. Haal uit die oond en laat vir ’n paar minute in die pan afkoel. Keer uit op ’n afkoelrakkie om heeltemal af te koel voor opdiening.