Thursday 26 March 2015

Tuna & Kekerertjie Vleiskoekies




Tuna & Kekerertjie Vleiskoekies
Maak 4 – 6 porsies

185gr. Blik Tuna, gedreineer
400gr. Blik Kekerertjies, Gedreineer en gespoel...
1 Knoffelhuisie, geskil
½ Teelepel gemaalde Koemyn
2 Eetlepels Koekmeel

2 Heel Eiers
½ Teelepel Bakpoeier
Sout & Peper
Skil van 1 Suurlemoen
1 Eetlepel Pietersielie en/of Dille, gekap

Metode:
Plaas al die bestanddele, behalwe die vars Kruie en Suurlemoenskil, in die bak van ‘n voedselverwerker en pols tot die mengsel ‘n growwe tekstuur het.
Skep die mengsel in ‘n mengbak en roer die vars Kruie en die Suurlemoenskil by.
Vorm die mengsel in enige grootte vleiskoekies soos verkies. Bedek met kleefplastiek en verkoel indien dit eers later gaargemaak word.
Verhit ‘n kleefvrye pan, voeg ‘n klein hoeveelheid Olie in die pan en plaas die vleiskoekies versigtig in die pan. Kook aan elke kant vir ‘n paar minute tot goudbruin.
Plaas op kombuispapier en bedien met groente of ‘n vars slaai.