Thursday 26 March 2015

Spinasie & Ricotta Cannelloni




Spinasie & Ricotta Cannelloni

Tamatiesous:
Olyfolie
1 Ui, geskil en gekap...
3 Knoffelhuisies, fyngekap
2 Blikke Tamaties van 400gr elk
Sout en Peper na smaak.
Handvol vars Basieliekruid

Spinasiemengsel:
Olyfolie
I Ui, fyngekap
2 Knoffelhuisies
2 Pakke Spinasie, gewas,
250gr. Ricotta Kaas
Sout & Peper na smaak
Parmesaanse Kaas om bo-oor te rasper
1 pakkie Cannelloni Pasta

Metode:
Begin met die Tamatiesous – Verhit ‘n kastrol en gooi ‘n paar Eetlepels Olyfolie in gevolg deur die gekapte Uie en Knoffel. Kook oor medium hitte tot sag maar maak seker dat die Uie nie verbruin nie.
Gooi nou die geblikte Tamaties by, roer deur en brink tot kookpunt. Verlaag die hitte tot ‘n prut en kook totdat die Tamaties opgebreek het en die sous effens verdik het.
Plaas al jou Basieliekruidblare in die sous en roer deur.
Hou warm tot benodig of verkoel tot kamertemperatuur en vries vir latere gebruik.
Om die Spinasievulsel te maak – Kook die Uie en Knoffel tesame in ‘n kastrol met ‘n paar Eetlepels Olyfolie.
Plaas die Spinasie in dieselfde pot en roer totdat die spinasie net begin sag word. Verwyder van die hitte en laat afkoel tot jy dit met jou hande kan hanteer om meeste van die oortallige water uit te druk.
Plaas die Spinasie op ‘n bord en kap dit effens kleiner. Dit sal verseker dat dit makliker is om die pasta te vul.
Plaas die Spinasievulsel terug in mengbak en roer nou die Ricottakaas by die Spinasie. Voeg Sout & Peper by en hou eenkant tot benodig.
Wanneer jy gereed is om die pasta te vul, plaas die Spinasievulsel in ‘n Spuitsak, knip die punt af en vul dan die pastapypies versigtig tot vol.
Plaas ‘n paar groot lepels van die Tamatiesous op die bodem van jou oondbak en pak die gevulde pasta op die Tamatiesous. Sodra al die pasta gevul is, skep die res van die Tamatiesous bo-oor die pasta en maak seker die pasta is bedek.
Rasper die Kaas bo-oor en bak teen 180°C vir 40 minute of totdat die pasta sag is.
Bedien met groente of slaai.