Thursday 26 March 2015

Rooswater Kolwyntjies




Rooswater Kolwyntjies

125gr. Sagte Botter
125gr. Strooisuiker
2 Eiers...
1 Teelepel Rooswater
1 Koppie Bruismeel
30ml. Melk

Metode:
Meng die Botter en Suiker tesame tot lig en glad.
Voeg die Eiers by en meng goed.
Roer die helfte van die Meel by gevolg deur die Melk en die Rooswater.
Voeg nou die res van die Meel by en verdun met ‘n klein bietjie Melk indien die beslag te styf is.
Skep die beslag in ‘n kolwyntjiepan wat gespuit is.
Bak teen 180°C vir 17 minute of tot gaar.
Verwyder uit die oond en laat heeltemal afkoel voor versiering.

Botterversiersuiker
250gr. Sagte Botter
420gr. (3 Koppies) Versiersuiker, gesif
60ml. Melk
10ml. Vanielje of Rooswater
Metode:
Meng die botter met ‘n elektriese menger tot lig van kleur. Gooi nou die Versiersuiker by en meng teen ‘n lae spoed.
Roer die Melk en vanielje of Rooswater by.
Versier die afgekoelde kolwyntjies soos verkies.