Wednesday 11 March 2015

STYWE PAP EN SPEK VINGERS




STYWE PAP EN SPEK VINGERS
Hierdie resep het Johnny Snyman van Seepunt met ons gedeel dit is ‘n heerlike bygereg vir ‘n braai.
Genoeg vir sowat 6 mense
Bereiding: 30 minute...
Gaarmaaktyd: sowat 40 minute
500 ml (2 k) water
10 ml (2 t) sout
400-500 ml mieliemeel

15 spekvleisrepies
peuselstokkies
METODE:
Bring die water en sout tot kookpunt en voeg die mieliemeel by.
Verlaag die hitte en kook tot gaar. Roer elke dan en wan.
Spuit ’n bakplaat met kossproei en skep die gaar pap in die bak, sowat 2-3 cm dik. Druk die pap stewig vas en maak die bokant gelyk.
Laat staan tot stewig en sny in skywe.
Draai ’n spekrepie om elke skyf en steek vas met ’n peuselstokkie.
Braai die vingers op matige kole tot die spek gaar en bros is.
Wenk: Jy kan ook ’n bakkie tamatie-en-uiesmoor hierby voorsit.