Wednesday 11 March 2015

Geroosterde varktertjies




Geroosterde varktertjies
 
Lewer 6
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 45 min....
MARINADE
3 knoffelhuisies, fyn gekap
2 cm stuk vars gemmer
60 ml (4 e) sojasous
30 ml (2 e) ryswynasyn

30 ml (2 e) suiker
15 ml (1 e) olyfolie
15 ml (1 e) heuning
VARK
250 g varkfilet
400 g skilferkorsdeeg
1 eier, geklits
30 ml (2 e) sesamsaad
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1. Marinade Meng al die bestanddele vir die marinade in ’n bak.
2. Vark Voeg die vark by, bedek met kleefplastiek en laat marineer 30 min. of oornag in die koelkas.
3. Haal die vark uit die marinade en sit die marinade eenkant. Plaas die vark in ’n roosterpan en rooster 20 min.; bedruip ’n paar keer terwyl die vleis gaar word. Sny die vark in blokkies en sit eenkant.
4. Verhit die marinade wat eenkant gehou is in ’n pan, voeg die vark by en roer om die vleis te bedek.
5. Sny die deeg in ses vierkante op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is. Halveer dan elke vierkant oorkruis om driehoeke te vorm. Skep ’n teelepel van die varkvulsel in die middel van elke driehoek. Verf die rande van die deeg met die eier en verseël.
6. Verf eier oor die bokant van die tertjies, bestrooi met sesamsaad en bak 20 min. of tot goudbruin.