Wednesday 11 March 2015

Kaas-frikkadelle




Kaas-frikkadelle
GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 20 min.
Gaarmaaktyd: 20 min.
500 g varkworsies, uit die derm uitgedruk...
1 ui, fyn gekap
60 g broodkrummels
10 ml (2 t) Dijonmosterd
15 ml (1 e) vrugteblatjang
5 ml (1 t) gedroogde gemengde kruie

pas gemaalde swartpeper
100 g cheddarkaas, in blokkies gesny
olie
1. Meng al die bestanddele behalwe die kaas en olie goed saam en geur met peper.
2. Maak frikkadelle met die mengsel. Neem’n blokkie kaas en druk in elke frikkadel. Maak seker dat die kaasblokkie heeltemal met die maalvleis bedek is.
3. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan en braai die frikkadelle tot gaar, of oondbraai 15 minute by 200 °C in die oond tot gaar.
4. Sit voor op kapokaartappel saam met gekoopte Napolitaanse sous.