Thursday 26 March 2015

Spesery Braaibroodjies




Spesery Braaibroodjies
1 Koppie Melk
1 Teelepel Kitsgis
3 Koppies Witbroodmeel
1 Eetlepel Suiker
1 Groot Eier
60ml. Jogurt
Sout & Peper
½ Teelepel Koeksoda
½ Teelepel Komynsade
1 Eetlepel Speserymengsel van jou keuse
60ml Olyfolie

-Plaas die Melk in ‘n klein bakkie, strooi die Kitsgis bo-oor en meng.
-Plaas 1 koppie van die Meel in ‘n groot mengbak, gooi die Melk & Gis by, roer tot gemeng.
-In ‘n aparte bak, meng nou die Eier en Jogurt en roer by die deeg tot glad. Sprinkel nou die Sout, Komynsade en Koeksoda oor en roer.
-Voeg die res van die Meel by en meng. Sodra die deeg bymekaar kom, gooi dit uit op ‘n werksoppervlak en knie tot glad, sowat 5 minute.
-Plaas terug in die mengbak en laat vir 2 ure lank rys.
-Nadat die deeg gerys het kan jy dit afknie en verdeel. Ek verdeel gewoonlik die deeg in 4 en dan verdeel ek elke stuk weereens sodat jy 8 stukke het.
-Laat die deeg vir ‘n paar minute rus voor jy begin om die deeg te rol.
-Strooi meel op jou werksoppervlak en rol elke stuk deeg uit tot ‘n dikte van sowat ‘n halwe sentimeter. Druk ‘n hele paar gate in die broodjies met die agterkant van ‘n houtlepel.
-Laat vir 15-20 minute lank rys.
-Plaas die speserymengsel in ‘n klein bakkie en gooi die Olyfolie bo-op. Hou eenkant totdat jy die brode begin gaarmaak.
-Net voor jy hulle op die braai sit, sprei ‘n bietjie water oor hulle. Braai tot mooi bruin en draai dan om. Verwyder van die vuur, borsel met speserye-olie en laat afkoel terwyl jy die res van die broodjies braai.
-Jy kan ook die broodjies bak teen 230°C vir 10 minute of tot die brode lekker bruin is en opgepof het. Verkoel vir 10 minute.