Thursday 26 March 2015

Madeleines



Madeleines
Lewer ongeveer 2 Dosyn (24)

6 Eiers
25 g Bruinsuiker
190 g Witsuiker
Skil van ½ Suurlemoen
Sap van ½ Suurlemoen
Sout
225 g Botter
25 g Heuning
225 g Koekmeel
7,5 g Bakpoeier

• Meng albei tipes Suiker en Eiers teen ‘n hoë spoed tot lig, donserig en dubbel in volume.
• Smelt intussen die botter, sit die hitte af en roer die Heuning, Suurlemoenskil en Sap by. Laat afkoel tot liggaamstemperatuur.
• Sif die Meel en Bakpoeier drie keer saam.
• Voeg nou die Bottermengsel teen ‘n lae spoed by.
• Verwyder die mengbak van die menger en vou die Meel versigtig in.
• Gooi in ‘n houer en laat oornag in die yskas rus.
• Wanneer gereed om te bak, roer die mengsel en heelwat van die lug sal dan uitkom.
• Skep nou die beslag in jou spesiale pan wat jy met Botter geverf het.
• Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 12 minute. Die rante moet ligbruin vertoon aan die buitekant en die binnekant moet lig van kleur wees.
• Verwyder die pan uit die oond en laat vir ‘n minuut afkoel. Verwyder nou versigtig uit die pan en laat afkoel.
Variasies:
• Doop die afgekoelde koekies in gesmelte botter en sprinkel geroosterde Amandels bo-oor voor dit afkoel.