Thursday 26 March 2015

Namakwaland in jou eie tuin die winter

Wens ek kon vir julle 'n foto plaas van hoe my ma se tuin gelyk het.  Dit was soos Namakwaland in ons voortuin.  Helderkleurige Namakwa Daisies in geel en oranje het die dorp se mense gegroet en hul glad laat stil staan by die hek.  En dis so maklik dat ek en jy dit ook in ons tuine kan doen.  Jy hoef geen tuin "expert" te wees nie...

Koop 'n pakkie saadjies, maak 'n sonnige kol in jou tuin, se grond mooi gelyk en saai die saadjies nou.  Dan is daar net een belangrike ding en dit is om dit elke dag water te gee tot hul mooi sterk plantjies is.  Dis al.  Geen ekstra snaaksigheid nie.  Net so maklik.  Probeer bietjie in jou tuin en wanneer hulle mooi blom die winter, sit vir ons 'n fototjie op ons blog sodat almal jou mooi tuin kan deel.  EN GENIET DIT.