Thursday 26 March 2015

Sjokolade & Laventelkoek:




Sjokolade & Laventelkoek:

(Lewer 1 Koek)
100gr. Botter, sag
100gr. Strooisuiker...
3 Eiers, geskei
100gr Sjokolade, gesmelt
50ml. Koekmeel
2 Eetlepels Kakao
150gr Amandels, gerooster en fyngemaal
10gr. Laventel, gekap
Bolaag:
150gr. Room
150gr. Donker Sjokolade, grof gekap
Metode:
Klits die Botter en Suiker saam tot lig en sponserig.
Roer die Eiergele en die gesmelte Sjokolade by die Bottermengsel.
Voeg nou die Koekmeel, Kakao, Neute en Laventel by en roer deur.
Klits die Eierwitte tot sagte punte vorm.
Vou baie versigtig die helfte van die Eierwitte by die mengsel gevolg deur die res van die Eierwitte.
Skep die beslag in ‘n voorbereide (bespuite) koekpan, gebruik ‘n roerspaan en maak die bolaag gelyk.
Bak in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 40-45 minute of tot ‘n toetspen skoon uitkom.
Verwyder uit die oond en laat afkoel.
Vir die bolaag: verhit die Room tot net voor kookpunt en gooi dan versigtig oor die gekapte Sjokolade. Roer die mengsel tot glad en laat afkoel totdat dit begin verdik.
Plaas die afgekoelde koek op ‘n groot bord en gooi versigtig die Sjokolade bolaag oor sodat dit oor die kante loop en die hele koek bedek.
Laat die bolaag stol en garneer met vars vrugte of soos verkies voor opdiening.