Thursday 26 March 2015

Pruim Tarte Tatin



Pruim Tarte Tatin

 Maak 1 Tert

1 Vel Blaardeeg
9 Ferm Pruime, gehalveer en ontpit
2/3 Koppie Witsuiker
1 Eetlepel Suurlemoensap
1 ½ Teelepel Suurlemoenskil
1/8 Teelepel Neutmuskaat
1 Teelepel Vanielje
125 g Botter
Geklopte Room of Roomys vir bediening

-Sny die Blaardeeg dieselfde grootte as die pan wat gebruik gaan word en hou koel tot benodig.
-Plaas die Suiker en Botter saam in ‘n pan wat groot genoeg is om al die Pruime in te pas.
-Kook tot al die suiker gesmelt is en die mengsel begin verkleur.
-Plaas intussen die pruime in ‘n mengbak tesame met die Suurlemoensap, Vanielje, Suurlemoenskil en Neutmuskaat. Meng deur en laat staan tot benodig.
-Plaas nou baie versigtig die Pruime met die gesnyde kant na onder in die Karamelsous. Kook vir ‘n paar minute. Plaas dan die pan in ‘n voorverhitte oond van 180°C vir 30 minute of totdat die Blaardeeg mooi bruin is.
-Verwyder die pan uit die oond (onthou dat die handvatsel nou warm is) en laat vir ‘n paar minute afkoel.
-Plaas ‘n groot bord bo-op die pan en keer die pan vinnig om sodat die Blaardeeg nou op die bord is. Verwyder die pan versigtig om seker te maak al die Pruime is los.
-Bedien met Roomys of geklopte Room.