Thursday 26 March 2015

Hoenderpasteie




Hoenderpasteie
2 Velle Blaardeeg
Vleis van 1 Gebraaide Hoender, vel en bene verwyder
1 Ui, geskil en gekap...
1 Knoffelhuisie, fyngekap
1 Wortel, geskil en in blokkies gesny
Olyfolie
¼ Teelepel gemaalde Naeltjies
Vars Tarragon, gekap

1 Koppie Room
1 Koppie Hoenderaftreksel
Sout & Peper
Eier- en Melkmengsel om mee te verf
Metode:
Begin deur ‘n groot kastrol warm te maak met ‘n paar Eetlepels Olyfolie.
Gooi die Uie, Knoffel en Wortels in die kastrol en braai tot sag.
Voeg nou die Hoendervleis en Naeltjies by. Meng goed deur.
Gooi die Hoenderaftreksel en Room in die kastrol en laat kook tot die mengsel begin verdik.
Geur met Sout, Peper en vars Tarragon.
Verwyder van die hitte en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Sny die Pasteideeg in sirkels groot genoeg om in ‘n Muffinpan te pas.
Sprei die Muffinpan en voer die holtes uit met die deeg.
Skep nou die verkoelde vulsel in die deegholtes, net halfvol.
Neem van die orige deeg en gebruik dit as deksels vir die pasteie. Dit sal die pasteie ‘n ongewone afronding gee.
Verf die pasteie met die Eier- en Melkmengsel.
Bak in ‘n voorverhitte van 200°C vir 25 minute.
Verwyder die pan uit die oond en laat afkoel vir 5 minute voor jy die pasteie versigtig verwyder.