Wednesday 25 March 2015

Oulike origami vir Paasfees

Volg dié maklike stappe van Netflorist om jou eie origami-konyne te vou. Dis die perfekte detail vir ’n Paas-maaltyd.
Origami 1

Stap 1: Maak ’n papierservet oop en vou dit in die helfte sodat dit vierkantig is.
Origami 2
Stap 2: Vou dit weer in die helfte.
origami 3
Stap 3: Vou dit in die helfte om die middellyn te merk. Maak dit oop. Vou die een kant op ’n 45 ˚-hoek sodat die rand in lyn is met die middel. Maak weer oop.
origami 4
Stap 4: Skep ’n diamant onder die vorm deur die onderkant in ’n driehoek te vou.
origami 5
Stap 5: Skep ’n vlieërvorm deur die hoeke binnetoe te vou, sodat albei net-net nie in die middel is nie.
origami 6
Stap 6: Draai die servet om sodat die agterkant van die ontwerp na jou toe kyk. Vou die punt binnetoe sodat die vlieër weer ’n driehoek is.

Stap 7: Rol die boonste hoek binnetoe tot dit net verby die middel is. Herhaal. Vou die linkerkant bo-oor die regterkant, en steek dit in die klein kantsakkie van die linkerkant.
origami 8
Stap 8: Bind ’n lint met ’n watteballetjie om die basis van die servet, en voilà!