Wednesday 25 March 2015

Hoenderpastei




Hoenderpastei:
Bestandele:
1 pak skilferkorsdeeg
4-6 hoenderborsies (ontbeen)
1 pak (500g) Country Crop groente (die growwe groente pakke)
1 pakkie Sampioen room sop
1 bak sampioene
1/2 ui
1 Eier en ‘n bietjie melk (vir smeer)
Metode:
1. Maak seker jou skilferkorsdeeg is ordentlik ontdooi. As hy in die vrieskas is haal hom die dag of aand voordat jy hom gaan gebruik uit dat hy werkbaar is en nie op plekke gevries is nie. Rol dan hom dan die grootte van jou bak uit. Of maak soos ek gemaak het en maak vir elkeen hulle eie individuele pastei. Meet dan net eers dalk die grootte van elke muffinpan gaatjie en meet die deeg dan so dat dit mooi sal inpas, Onthou net om gaatjies in die deeg om te voorkom dat hy onder op-pof. Maak seker daar is stukke ook afgemeet om die pastei bo toe te maak- onthou om bo ook gaatjies te maak!
2. Maak dan jou hoender gaar. Hier is dit jou eie manier van hoender gaarmaak. So ja jy kan jou eie inisiatief gebruik hier. Soos myne het ek in ‘n bietjie water gekook. As hulle deur gaar is haal hulle uit die water uit, maar moenie die water weggooi nie, jy gaan dit later weer gebruik. Laat die hoender afkoel dan flake jy hom. Beste manier vir my was met ‘n vurk. Ja dit vat ‘n bietjie meer tyd, maar op die ou end is dit die moeite werd, want jy proe ten minste stukke hoender. En ‘n tip: gooi jou speserye nadat jy die hoender geflake het. Jy proe ook dan ten minste gegeurde hoender.
3. Die groente is volgende: As die groente gevries is gooi dit dan net so in ‘n pot en sit dit op die stoof. Die groente sal ‘n bietjie water maak. Gooi bietjie van die hoender water by om die pot net bietjie meer vol te maak om die groente ordentlik gaar te kry. As die groente gaar is gooi die water saam met die van die hoender water. Meng dan die groente by die hoender. Meng goed!
4. Sny jou ui in blokkies en braai dit in ‘n ander potjie met ‘n klein bietjie olie oor ”n matige hitte. Terwyl die ui braai, sny die pakkie sampioene in skyfies, hang af van die grootte van die sampioene. Gooi dan die sampioene saam met die uie en braai saam. Terwyl die twee’tjies mekaar in die pot trou maak jou sampioen sop. Lees maar mooi die pakkie instruksies. ‘n Wenk wat ek hier kan gee wat vir my werk: meng die sop in ‘n bakkie, gooi so bietjie-bietjie van die hoender-groente water by. As daar te min van die water is wat op die instruksies wys, gooi meer in. Gooi die sop dan saam met die ui en sampioen mengsel in en prut dit saam. As hy nie dikker word nie moenie bekommer nie. Gooi dit saam met die hoender en groente by en meng goed… Hy sal ‘n bietjie dikker word.
5. So nou dat als mooi bymekaar en goed gemeng is kan jy die pasteie vul met die mengsel. O ja iets wat ek vergeet het- maak seker die pannetjies is goed gespuit. Ek het sommer ook botter gesmeer, net om seker te wees. Nadat jy die vulsel ingesit het maak dit toe met die ander stukkies deeg wat jy vroeer voorberei het. As jy soos ek bietjie obsessief-kompulsief is en die deeg mooi gemeet en in blokkies gesny en die blokkie vir bo oor die vulsel ook mooi afgemeet het. Vou jy nou net die oorblywende onderste vierkant oor die boonste vierkant. As daar nog gaatjies is maak met ander stukkies deeg (die oorskiet deeg) die gaatjies mooi toe.
6. Klits dan jou eier en voeg die melk by. Smeer dan die eiermengsel oor die pastei’tjies. Lees net mooi op jou skilferkorsdeeg verpakking oor hoe lank jy dit moet gaarmaak. Dan het jy jou pastei’tjies.