Wednesday 25 March 2015

Toffieappels





Toffieappels
Dié resep is flopvry, so probeer dit gerus.
Benodighede:
Diep Kastrol
 180ml Water (drie kwart koppie)
 500ml Suiker (twee koppies)
 2 Eetlepels asyn
 10ml rooi kleursel
 6 – 8 rooi appels
Steek sosatie stokkies in jou appels. Maak seker jou appels is droog gevryf en laat jou kastrol warm raak op die plaat. Hou ‘n piering met yskaswater langs die kant van jou stoof.
Meng jou suiker en water saam en gooi dit in die warm kastrol. Die mengsel sal melkerig lyk op die stadium. Roer die hele tyd. Dit sal ewe skielik helder en deursigtig raak – dis wanneer jy die asyn by gooi.
Roer nog so klein bietjie en gooi die kleursel in.
Toets die stroop na 10 min deur 5ml (halwe teelepel) in die piering yskaswater in te gooi. Druk die stroop plat met jou vinger. As jy dit uithaal en dit kan middeldeur breek, dan is die stroop reg. Indien nie, en dit nog taai is, roer nog so ‘n bietjie en probeer weer oor ‘n minuut. Probeer kort-kort tot dit kan breek.
Doop jou appels in die stroop en plaas op ‘n plaat wat uitgevoer is met waspapier. Laat dit koud word en geniet!