Wednesday 25 March 2015

Mochaccino-mikrogolfkoek




Mochaccino-mikrogolfkoek

Genoeg vir: 8-10
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
15 minute

• 140g (250ml) koekmeel
• 20g (60ml) kakaopoeier
• 15ml bakpoeier
• 220g (250ml) strooisuiker
• 125g (125ml) botter, gesmelt
• 125ml sterk koffie, afgekoel
• 2 groot eiers

Bolaag
• 125ml (110g) strooisuiker
• 45ml koffielikeur (of sterk koffie)
• 100g donker- of melksjokolade, in stukke gebreek
•50g Brasiliaanse neute, grofgekap en gerooster

1 Sif die meel, kakaopoeier, bakpoeier en ’n knypie sout in ’n groot bak. Klop die res van die bestanddele in ’n aparte bak saam en roer dan die vloeistof by die droë bestanddele in tot glad. Gooi in ’n gesmeerde mikrogolfbestande 22cm-koekpan met ’n tuitvorm.

2 Sit die tuitpan bo-op ’n omgekeerde mikrogolf-tertskottel in die mikrogolfoond en kook vir sewe minute op hoog. Haal uit die oond en laat staan in die pan.

3 Bolaag Verhit die strooisuiker en 90ml water vir vyf minute in ’n mikrogolfbestande beker op hoog. Roer die likeur (of sterk koffie) by. Drup die helfte van die stroop oor die koek in die pan terwyl dit nog effens warm is. Sit dan eenkant om heeltemal af te koel.

4 Smelt die sjokolade in die mikrogolf- oond en roer dit elke 30 sekondes tot dit mooi glad is.

5 Keer die koek op ’n bord uit. Drup die res van die stroop en dan die sjoko- lade oor. Strooi die Brasiliaanse neute oor en sit voor.

Slim idee Vir ’n ryker bolaag kan jy die sjokolade saam met 125ml room smelt. Laat die mengsel in die yskas afkoel tot dit begin verdik en klop dit dan met ’n elektriese klitser tot romerig. Smeer bo-oor die koek.