Wednesday 25 March 2015

KANEEL ROLLETJIES IN JOU MUFFIN PANNETJIE




KANEEL ROLLETJIES IN JOU MUFFIN PANNETJIE
 1 x Rol skilferkorsdeeg (sny in die helfte en rol elke gedeelte bietjie dunner uit.)
Smeer gesmelte botter met kwassie oor
Gooi soveel bruinsuiker en kaneel oor soos wat jy voor lus voel
Rol op en en sny wiele wat jy in 'n gespuite muffin pannetjies plaas
Bak in oond by 180 C tot gaar, bruin  en opgepof  (ongeveer 15 / 20 min)
Haal uit
Intussen maak jy die volgende: 
Meng  1tl  stroop met 1 eetl melk. 
Gooi ¾ kop versiersuiker by en meng tot gladde pasta
Gooi met teelepel die versiersuikermengsel oor die warm kaneel rolletjies