Friday 27 March 2015

Martjie se soetkoekies met glanskersies




Martjie se soetkoekies met glanskersies


Bestanddele

(Lewer 100 koekies)
6 k koekmeel
2 k suiker
1 k botter
4 eiers
2 t koeksoda
2 t kremetart

Instruksies


(Haar ouma Martjie se resep)
  1. Voorverhit die oond tot 200 °
  2. Room die botter en suiker goed saam.
  3. Voeg die eiers een vir een by.
  4. Voeg die koeksoda en ¼ k melk by.
  5. Meng die koekmeel, sout en kremetart in ’n mengbak en voeg dit by die bottermengsel.
  6. Meng tot stywe deeg vorm en voeg nog bietjies melk by om die deeg sag te maak.
  7. Maak seker die deeg is nie te styf om deur ’n spuitsak te druk nie.
  8. Spuit die koekies uit en plaas ’n glanskersie op elkeen.
  9. Bak vir 10 minute.