Friday 27 March 2015

Caroli se vanieljeklontjies




Caroli se vanieljeklontjies


Bestanddele

185 g botter
½ k strooisuiker
1 eier
5 ml vanieljegeursel
½ k mielieblom
½ k vlapoeier
½ t bakpoeier
¼ t sout

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 200 °C . Voer drie bakplate uit met bakpapier en spuit liggies.
  2. Room die botter en suiker tot lig en donsig.
  3. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
  4. Sif al die droë bestanddele saam. Voeg dit by die bottermengsel en meng tot ’n stywe deeg.
  5. Rol die deeg in klein bolletjies en plaas op ’n gesmeerde bakplaat. Druk die koekies plat met die agterkant van ’n vurk.
  6. Bak vir 7-10 minute tot gaar.
  7. Smelt witsjokolade oor ’n kastrol met warm water. Plak die koekies twee-twee op mekaar met die witsjokolade. Maak strepies bo-oor die koekies en versier met veelkleurige sprinkels.