Friday 20 March 2015

Mareli se maklike piesangbrood




Mareli se maklike piesangbrood

Bestanddele

1 koppie (250 ml) suiker
30 ml melk
Gerasperde suurlemoenskil
2 eiers, geklits
120 g botter

250 ml fyngedrukte piesangs (vier)
5 ml koeksoda
375 ml bruismeel

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180 ° C.
  2. Smeer ’n 30 x 15 cm-broodpan .
  3. Smelt en roer botter, suiker, melk, piesangs, koeksoda en suurlemoenskil in pot op stoof.
  4. Laat afkoel en voeg dan die eiers en bruismeel by.
  5. Meng goed en gooi in gesmeerde pannetjie.
  6. Bak vir 45 minute of tot gaar.