Friday 20 March 2015

Louise se lemoen-en-sjokolade-soetbolletjies



Louise se lemoen-en-sjokolade-soetbolletjies

Bestanddele

(Lewer 8 klein bolletjies)
20 g botter
145 g (140 ml) melk
5 g (1½ t) kitsgis
40 g strooisuiker
210 g koekmeel

5 ml gemaalde kardemom
30 g versuikerde sitrusskil
50 g marsepein, gerasper (sien resep vir tuisge-maakte marsipein onder)
eierwas

VINNIGE MARSEPEIN
70 g amandelmeel
90 g versiersuiker
1 t amandelekstrak
½ t rooswater

SJOKOLADEGLANSVERSIERSEL
(Haar skoonma se resep.)
45 g (3 T) botter
9 g (5 t) kakao
250 g (2 k) versiersuiker
1 eierwit
20 g eierwit

Instruksies


Smeer ’n bakplaat. Smelt die botter saam met die melk. Koel af tot lou indien nodig. Voeg dan die kitsgis en strooisuiker by en meng. Bedek met kleefplasiek en laat dit op ’n warm plek staan tot dit begin borreltjies maak (sowat 10-20 minute).
Meng intussen die koekmeel en kardemom in die bak van ’n voedselverwerker. Wanneer die gismengsel gereed is, voeg dit by die meelmengsel en meng met ’n deeghak tot die deeg wegtrek van die kante van die bak (sowat 5-8 minute). Bedek die deeg met kleefplasiek wat liggies met olie gesmeer is en laat die deeg rys totdat dit verdubbel het in grootte (so 1-1½ uur).
Werk die sitrusskil en gerasperde marsepein met ’n baie ligte knie by die deeg in. Vorm agt bolletjies, plaas op die gesmeerde bakplaat en bedek weer met kleefplasiek wat liggies met olie gesmeer is. Laat vir 30 minute rys.
Voorverhit die oond tot 200⁰C.
Verf die bolletjies met eierwas en bak vir 20 minute of tot goudbruin.

VINNIGE MARSEPEIN
Meng die amandelmeel en versiersuiker. Voeg die res van die bestanddele by en verwerk met ’n voedselverwerker tot ’n stywe deeg. Knie die deeg ’n bietjie. Draai dit in kleefplastiek toe en hou in die yskas.

SJOKOLADEGLANSVERSIERSEL
Smelt die botter in ’n potjie en meng dan goed met die kakao. Meng die versiersuiker en die eierwit en voeg by die kakaomengsel. Roer oor ’n baie lae hitte tot als goed gemeng is. Gooi dadelik in dun strepies oor die bolletjies.