Thursday 26 March 2015

Lemoen & Roosmaryn Ringkoek




Lemoen & Roosmaryn Ringkoek
Maak 1 groot koek
226gr. Sagte Botter
2 Koppies Suiker...
Skil van 2 Lemoene
1 Teelepel Vars Roosmaryn, fyngekap
4 Eiers
½ Koppie Melk
½ Koppie Vars Lemoensap

3 Koppies Koekmeel
2 ½ Teelepels Bakpoeier
Metode:
Verroom die Botter en Suiker tot lig van kleur.
Gooi nou die Eiers een vir een by terwyl jy die beslag goed meng.
Roer die Roosmaryn en Lemoenskil by.
Meng nou die Meel, Bakpoeier, Melk en Lemoensap om die beurt by tot jou beslag mooi glad is.
Skep die beslag in ‘n voorbereide Ringpan en maak die bokant gelyk met die spaan of skeplepel.
Bak die koek in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 60 minute.
Versiersel:
35gr. Lemoensap
20gr. Botter
180gr. Versiersuiker
Skil van 1 Lemoen
½ Teelepel Roosmaryn, gekap
Metode:
Verhit die Lemoensap, Botter, Roosmaryn en Lemoenskil tot die Botter gesmelt is. Verwyder van die hitte.
Roer die Versiersuiker by tot die mengsel glad is en laat effens afkoel totdat die mengsel verdik en gooi oor die koel koek.