Wednesday 25 March 2015

Ouma se Soetkoekies



Ouma se Soetkoekies

Bestandele:
• 1 teelepel (5 ml) vanielje ekstrak
• 6 koppies meel
• 1 ½ koppies suiker
• 400g margarien/botter {Kry die goedkoopste een en MOENIE bak botter gebruik nie} (dit was altyd 370g)
• 3-4 eiers (skies julle ek het die resep so bietjie verkeerd gekry, maar jy kan RERIG die verskil proe)
• 1 blik kondensmelk (yum!)
• ½ teelepel stroop
• 3 teelepels koeksoda (was altyd 1 ½ teelepels)
• 3 teelepels kremetart (was ook altyd 1 teelepel)
• ¼ teelepel sout
Metode:
1. Verhit die oond tot 200 grade Celsius. En spuit die bakplate met anti-kleef spray (Spray & Cook of Spray & Bake. Maak nie saak watse een jy het nie, altwee werk ewe goed)
2. Room die suiker, margarien/botter, vanielje ekstrak, stroop, kondensmelk en eiers.
3. Sif droe bestandele saam en voeg by die suikermengsel.
4. Knie die deeg tot die hele bak omtrent skoon is en daar geen krummels le nie. Onthou jy wil als kry want dan kan jy meer koekies kry!
Nou kom die lekker deel: Nou meel jy jou blad en vat ‘n stuk deeg en rol dit uit. Maak seker dis nie te dik uit gerol nie, maar ook nie te dun nie, want jy wil nou ook nie baie dun koekies he nie. Moet ook nie vergeet om jou koekroller te meel nie, anders sit al die deeg aan die koekroller. En meel jou koekiedrukkers ook.
5. Bak dan jou koekies vir ongeveer 20 minute of tot hulle onder bruin is (bruin boudjies soos ek dit noem). As die oond te warm is, draai hom af na 180 grade Celsius toe, dan sal hulle nie so vinnig brand nie!!
O ja, as jy wil kan jy jou koekies kleur. Onthou net voordat jy die meel en die suiker mengsel bymekaar sit kan jy net in jou suikermengsel die kleur van jou keuse sit.