Friday 20 March 2015

Martjie se appel- en amandelbroodjie



Martjie se appel- en amandelbroodjie

 Bestanddele


(Lewer 1 brood)
125 g botter
2 k koekmeel
1 ½ t bakpoeier
½ t sout
1 k witsuiker
2 groot eiers

½ k melk
1 ½ k grof gekapte appelstukkies, liggies in botter gebraai
½ k gevlokte amandel en twee eetlepels ekstra om bo-oor te strooi
2e bruin suiker

Instruksies


  1. Voorverhit die oond tot 180°C.
  2. Berei ’n klein broodpannetjie voor deur dit te smeer en uit te skud met ’n bietjie meel.
  3. Room die botter en suiker saam tot lig en romerig.
  4. Voeg die eiers een vir een by.
  5. Meng tot net gemeng en vou die appels en amandels versigtig in. Gooi die deeg in die broodpannetjie.
  6. Sprinkel die bruinsuiker en amandels bo-oor die brood.
  7. Gooi die deeg in die broodpannetjie en bak vir 30-40 minute tot mooi bruin en gaar.