Friday 27 March 2015

Caroli se klapper-en-kersie-blokkies


Caroli se klapper-en-kersie-blokkies

 Bestanddele
(Lewer sowat 40 koekies)
Basis:
120 g botter
100 g strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
1 eier
250 ml koekmeelblom
90 ml mielieblom
Vulsel:
240 g droë klapper
500 ml suiker
3 eiers
200 g glanskersies, in kwarte gesny
Bolaag:
120 g botter
500 g versiersuiker
30 ml melk
sap van halwe suurlemoen
3 ml vanilla geursel

Instruksies

  1. Basis: Klop die botter en suiker saam tot romerig. Voeg die eier by en klits goed.
  2. Sif al die droë bestanddele saam en meng met die bottermengsel.
  3. Druk die beslag vas in ’n uitgevoerde bakplaat (sowat 30 x 30 cm)
  4. Bak vir 10 minute in ’n voorverhitte oond teen 180°C.
  5. Vulsel: Meng die klapper en suiker. Klits die eier en voeg by die klappermengsel.
  6. Strooi die glanskersies oor die gebakte basis. Strooi die klappermengsel bo-oor.
  7. Bak vir 20 minute teen 180 °C. Indien die klapper begin donker word, plaas foelie bo-op sodat dit nie brand nie.
  8. Meng intussen die bolaag. Meng al die bestanddele saam tot glad en loperig. Smeer die bolaag oor die klaperlaag sodra dit afgekoel het.
  9. Sny in stafies.
Wenk: Druk die klapperlagie effens plat voordat dit gebak word. Maak seker die koekies is heeltemal afgekoel voor jy die bolaag opsmeer. Daar sal dalk van die bo-laag oorbly; dis nie nodig om alles op te smeer nie.