Friday 27 March 2015

Tish se pekanneutstafies



Tish se pekanneutstafies

Bestanddele
Kors:
2 ½ koppies / 625 ml gesifte koekmeel
3 e / 37,5 ml strooisuiker
250 g botter (kamertemperatuur)
Vulsel:
125 g botter – gesmelt
2 e / 25 ml gouestroop
2 t / 10 ml vanieljegeursel
2 ml sout
1 blikkie kondensmelk (sien resep vir tuisgemaakte kondensmelk hier onder)
1 ½ koppie / 375 ml pekanneute – grof gekap
Tuisgemaakte kondensmelk:
100 g / 250 ml kits melkpoeier
2/3 koppie / 167 ml suiker
1/3 koppie / 83 ml kookwater
50g gesmelte botter

Instruksies

Kors:
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Knie die bestanddele saam tot ’n sagte deeg.
  3. Druk twee derdes van die deeg in ’n gesmeerde bakplaat.
  4. Plaas in yskas terwyl die vulsel gemaak word.
Vulsel:
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Meng al die bestanddele saam.
  3. Giet die mengsel oor die uitgedrukte deeg in die gesmeerde bakplaat.
  4. Rasper die orige deeg bo-oor.
  5. Bak vir 30 minute of tot gaar sodra dit afgekoel het.
Tuisgemaakte kondensmelk:
  1. Meng al die bestanddele saam.
  2. Klits goed of gebruik ’n voedselverwerker.