Monday 23 March 2015

AARTAPPELSLAAI MET SLAAISOUS




AARTAPPELSLAAI MET SLAAISOUS
Die dame wie die resep gegee het het gese sy het dit jare gelede by die Aartappelraad gekry....
Kook jou aartappels met skil aan in bietjie sout tot gaar.
Sny onmiddelik terwyl kokend warm in blokke en gooi enige slaaisous van jou kleuse oor
bv: Italian,Greek of French dressing. Ek glo jy kan enige ander slaaisous ook gebruik wat 'n asyn basis het. Los die aartappels eenkant dat dit afkoel
Braai 'n pakkie spek tot bros (die is opsioneel maar dit gee baie lekker smaak)
Gaan nou yskas toe en maak 'n mengelslaai - dit wat jy in jou yskas het
Ons het kersietamaties gehalveer, sampioene, gekapte ui, groen rissies en kaas gebruik. Gooi oor die ook so 'n bietjie slaaisous.
Net voor opdiening meng albei liggies deurmekaar, gooi bietjie droe pietersielie oor en bedien.
Sy het genoem dat jy enige iets kan byvoeg by jou slaai, olywe, feta, peppadews, kool, ertjies, baba mielies, ertjies, skyfies appel, neute, croutons, stukkies blomkool of brokkoli, pitmielies ens