Monday 23 March 2015

BYBELKOEK




 
BYBELKOEK

Die Bybelkoekresep het in die Grootte Kerk in Kaapstad se maandblaadjie verskyn,en is ‘n verwerking van bestaddele wat afkomstig is uit teksverse uit verskillende dele van die Engelese Bybel. Met die opstel van die resep was daar besluit dat die outydse doekpoeding heel moontlik so onstaan het. Die resep is baie gewild en lekker – veral as plaasvervanger vir die gebruiklike Kersfeeskoek wat nou so duur geword het.

625ml volkoringmeel...
250ml donkerbruin suiker
12,5ml heuning
2 groot eiers
125ml sagte margarien of botter
10ml kaneel


5ml gemengde speserye
Knippie sout
5ml koeksoda
12,5ml appelasyn
125ml afgeroomde melk of water
250ml ontpitte rosyntjies
250ml gesnipperde droe vye
1 pakkie gesnipperde amandels

METODE:
Klits suiker,margarien, heuning,speserye en sout saam tot dik en romerig.
Voeg een eier op ‘n slag by en hou aan klits tot baie dik en romerig.
Meng appelasyn en koeksoda en voeg by melk of water.
Voeg meel en melkmengsel om die beurt by en meng goed.
Voeg vye, rosyntjies en driekwart van amandels by en meng liggies.
Skep deeg in ‘ kleefvry-broodpannetjie.
Strooi res van amandels bo-oor. Druk liggies vas.
Bak 50min in ‘n vooraf verhitte oond by 160 grade cel.
Laat effens afkoel en keer uit. Heerlik.
Marianne Pampoen
PAMPOEN TOT PALEIS - RESEPTE EN NOG WAT

Koskapperjolle 2