Monday 23 March 2015

7 Min Sjokolade Koek




7 Min Sjokolade Koek
Bestandele
Sif saam: 250ml Koek meel
60ml Cocoa poeier
250ml Castor sugar
Klits saam: 125ml Botter (gesmelt)
125ml Aangemaakte koffie (afgekoel)

2 Groot Eiers
Metode
Meng die nat by die droog en gooi binne in n gesmeerde 2 liter roomys bak. Sit n bak onderstebo in die microgolf oond en plaas die roomys bak bo op en bak vir 7 minute. Laat dit afkoel en smeer jou gunsteling versiering oor.
TIP:  Gebruik sommer as nagereg saam met lekker vlae.

OF

MIKROGOLF SJOKOLADE KOEK IN 7 MINUTE
Bestandele:
250ml koekmeel
250ml suiker
15ml bakpoeier
45ml kakao
60ml sonneblomolie
250ml warmwater
2 eiers
5ml vanielje essens
2.5ml sout
METODE:
Klits warmwater en olie saam. Klits eiers en vanielje essens by. Klits meel, suiker, kakao, bakpoeier en sout by. Smeer of spuit n lee 2ℓ roomysbak. Gooi die mengsel in die bak. Sit n omgekeerde piering of bakkie in die mikrogolfoond. Plaas die roomysbak met die mengsel bo-op die piering of bordjie. Draai mikrogolfoond op 7 min, hoog. Los dit in die oond vir nog 2 min. Smeer sjokoladevulsel­ oor wanneer die koek koud is
VULSEL
250ml botter
30ml kakao
500ml versiersuiker
15ml koffie
Klits alles saam tot lekker romerig en smeer oor koek.