Thursday 19 February 2015

tuna-viskoekies




tuna-viskoekies
Bestanddele
3 aartappels, geskil en in blokke gesny...
2 x 170g blikkies tuna, goed gedreineer
2 eiers, lig geklits
1 klein ui, fyngekap
30 ml fyngekapte pietersielie

swartpeper
Canola-olie vir braai
suurlemoenwiggies vir opdiening
Tartaarsous
125 ml vetvrye gladde maaskaas
45 ml laevet mayonnaise
1 hardgekookte eier, fyngekap
5 ml Engelse mosterd
5 ml sprietuie, fyngekap
15 ml agurkies, fyngekap

Metode
Kook die aartappels tot sag, dreineer goed en maak fyn.
Meng dit met die tuna, eiers, uie en pietersielie.
Geur met peper.
Vorm die mengsel in agt koekies.
Verhit 'n kleefvrye braaipan en gooi 'n bietjie olie in.
Braai die viskoekies tot goudbruin aan albei kante.
Bedien met tartaarsous en suurlemoenwiggies.
Tartaarsous
Meng alles saam tot glad.

(huiskok)