Thursday 19 February 2015

BULLY BEEF KOEKIES




BULLY BEEF KOEKIES
1x blikkie bullybeef fyn gedruk
1x blikkie sweetcorn (pitmielies) (hou so 'n klein bietjie uit vir jou slaaitjie)
2x eiers...
1x ui fyn gekap
1 1/2x koppie koekmeel
1x koppie melk
1x teelepel bakpoeier

Knippie sout en peper
1/2 tl droe pietersielie of vars gekap
Kruie en speserye na smaak
Meng alles goed saam.Skep lepels vol in pan met warm olie en vlakbraai tot goudbruin. Keer om en braai tot goud bruin.
Plaas op papier handoekrol en laat afkoel.
Bedien met 'n lekker salsa slaai van blokkies tamatie, uie, komkommer, avokadopeer, pitmielies (die wat jy eenkant gehou het) ertjies en vars pietersielie