Tuesday 17 February 2015

hawermoutblokkies




hawermoutblokkies
Bestanddele •250 ml (1 k) graanvlokkies (Kellogg’s Corn Flakes), growwerig fyngedruk
•250 ml (1 k) klapper
•750 ml (3 k) hawermout
•125 ml (½ k) sonneblomsade
•250 ml (1 k) gedroogde bosbessies (cranberries) – Woolworths

•125 ml (½ k) pekanneute, gekap
•250 ml (1 k) koekmeel
•375 ml (1 ½ k) ligte bruinsuiker
•5 ml (1 t) fyn kaneel
•2,5 ml (½ t) sout
•250 g (½ blok) botter
•45 ml (3 e) heuning
•10 ml (2 t) koeksoda
•80 ml (? k) volroommelk

 Stel oond op 180 °C.
1 Plaas graanvlokkies, klapper, hawermout, sonneblomsade, bosbessies, pekanneute, koekmeel, bruinsuiker, kaneel en sout saam.
2 Roer bestanddele tot goed gemeng.
3 Smelt botter en heuning saam en roer tot glad en gemeng.
4 Meng koeksoda en volroommelk saam.
5 Roer koeksodamengsel by gesmelte bottermengsel.
6 Meng gesmelte bottermengsel by hawermoutmengsel.
7 Voer bakplaat van 24 cm x 24 cm met bakpapier uit en spuit goed met kossproei.
8 Druk mengsel in bakplaat vas sodat dit gelyk bo-op is.
9 Bak vir 18 minute of meer tot ligbruin bo-op.
10 Laat vir 15 minute in bakplaat afkoel en sny in blokkies van ongeveer 3 cm x 3 cm groot.
11 Skep op afkoelrakkie uit en bêre in lugdigte houer.