Tuesday 17 February 2015

Riaan Cruywagen se frikkadelle in tamatiesous




Riaan Cruywagen se frikkadelle in tamatiesous
Genoeg vir 4-6 mense; Bereiding: 30 min; Gaarmaaktyd: sowat 30 min

Frikkadelle
 30 ml olyfolie; 1 ui, fyn gekap; 1 knoffelhuisie, gekap; 600 g maalvleis; 2 eiers, geklits; 30 ml (2 e) pietersielie, fyn gekap; worcestersous na smaak; sout en vars gemaalde swartpeper

Tamatiesous
 2 knoffelhuisies, gekneus; 30 ml (2 e) olyfolie; 1 blik (410 g) gekapte tamaties; 15 ml (1 e) tamatiepuree; 5 ml (1 t) suiker; 30 ml (2 e) gekapte pietersielie; sout en vars gemaalde swartpeper; vars pietersielie vir garnering

Frikkadelle: Verhit ’n bietjie olyfolie en braai die ui en knoffel tot sag en deurskynend. Voeg by die maalvleis, gevolg deur die eiers, pietersielie, worcestersous, sout en peper. Meng goed en deel in ewe groot porsies. Rol die frikkadelle met jou hande (maak jou hande klam, dan rol dit makliker). Verhit die res van die olie en braai die frikkadelle oor matige hitte tot goudbruin. Skep uit.

Sous: Braai die knoffel in verhitte olyfolie in ’n groot pan tot sag en deurskynend. Voeg tamatie en tamatiepuree by en laat prut tot sous verdik. Voeg die suiker, pietersielie, sout en peper by. Skep frikkadelle in die sous en verhit oor matige hitte tot geurig. Garneer met vars pietersielie en sit voor saam met romerige kapokaartappels of rys.